Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Thursday, September 22, 2011

Ollayantambo

Na Machu Picchu het ons besluit om 'n vinnige stop te maak in die klein dorpie van Ollayantambo. Dit is soos die Napier van die area, net baie cooler! Ons was omtrent verbaas deur die dorpie en het besluit om 'n aand langer te bly. Daar het ons weer vir Althea en Simon gekry en lekker gekuier. Die dorpie was een van die Inkas se 'fortresses' gewees waar hulle die Spaanse verslaan het...een keer. Daarna het die Spaanse teruggekom met meer mannekrag en hulle uitgedryf! Hierdie plek het die lekkerste atmosfeer en kos. Hier het ek die lekkerste stuk vleis geeet wat ek nog in my lewe geeet het!!

Hier stap die girls met hulle sakke af in die pad na ons blyplek. Dit was die oulikste plek waar ons gebly het so ver en was baie verbaas! Dit sit letterlik op die treinstasie en jy voel soos bedorwe spoorwerkers! Gelukkig loop die trein nie in die aand nie en slaap jy soos 'n baba in jou queensize bed en donsduvet tussen die sneeubedekte berge.

Die een dag was ons vir 'n paar uur vasgekeer in die restaurant deur die reen en het ons begin kaart speel. Ons het ook 2 keer middagete geeet(as koek tel as middag ete!).

Gina op die plein...of straathoek.

Die oumatjie het op die muur gesit en glimlag, uitgevat in haar beste pakkie.

Ons het opgeklim na die Inka ruines. Daar is ruines aan elke kant van die klein dorpie(soos julle kan sien in die agtergrond).

Gina ontspan in die son by ons spoorweg-gastehuis.

Hulle het die ongelooflikste sauna gehad wat hulle vir ons aangesteek het. Dit word gestook met 'n ou steenkool stofie eucalyptus blare bo-op. Dit was beslis een van ons hoogtepunte! Lekkerrrrrrr!

Gina en Simon bespreek die goeie lewe van Ollayantambo.

Ons het oppad terug na Cusco 2 stoppe gemaak. Die eerste een was by die soutpanne. Hier het die Inkas verskillende tarasse gebruik om sout te ontgun uit die natuurlike water wat spruit uit die grond. Dit word vandag nog gebruik vir sout ontgunning.

Die tweede stop was by Moray. Hierdie was blykbaar 'n boerdery eksperiment wat gebruik was deur die inkas om te kyk watter produkte die beste groei by watter hoogtes. Indrukwekkende plek om te sien en ongelooflik om te dink dat hulle dit soveel jare terug gebou het.

No comments:

Post a Comment