Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Monday, September 26, 2011

Puno - Lake Titicaca

Ons volgende stop was die stad van Puno by Lake Titicaca. Ons hoof uitstappie hier was om 'n homestay te gaan doen op een van die eilande. Die meer is so 4000m (hoogste ter wereld) bo seespieel op die grens tussen Peru en Bolivia. Dit is ongelooflik groot en het gevoel soos die see waarop jy vaar.

Hier is die bote waarop almal vaar na die eilande. Ons het vroeg oggend opgeklim en die eerste stop was by die 'floating islands of Uros' waarna ons gegaan het Amantani eiland waar ons die aand geslaap het.

Hier is die 'Floating islands'.

So bly die mense op die mensgemaakte eilande. Hulle hoof bedryf is maar visvang en deesdae toerisme. Die eilande word gebou uit riete en moet elke 10 dae aangevul word anders sink dit.

Van die eilande het tot 'n klein swembadjie waar vis gehou kan word. Die mense leef maar van dag tot dag, maar van die eilande het tot sonkrag en internet.

Hier is die limo van die eiland. Die enigste vervoer is natuurlik bote.

Die engins van die groot boot...2 mannekrag!

Hier is van die huise op die hoof eiland met sonkrag.

Toe ons op Amantani aankom is ons ingewag deur die dames in hulle tradisionele klere. Ek se tradisioneel, maar hulle dra die klere elke dag nog op die eiland.

Hier is die huisie waar ons gebly het. Baie basies en die mense is maar arm. Hulle het baie goed gekyk na hulle gaste (ons) en vir ons spesiale kos gemaak elke keer. Daar word geen vleis geeet nie so dit was maar meeste van die tyd aartappels!

Hier is die huisie van buite, met die toilet wat buite is....nogal nie so lekker toilet nie.

Die aand is almal aangetrek in tradisionele klere en na 'n dans gevat waar on tradisionele danse gedoen het. Was baie snaaks gewees.

Vroeer het ons gaan kyk na die sonondergang in die reen. Dit was ongelooflik koud.

Hier is die kinders van die familie waar ons gebly het. Hulle is maar vuil, maar baie vriendelik. Anders as 'n sokkerbal en 'n paar balonne het die kinders niks om mee te speel nie.

Hier is die meer Bolivia se kant toe. Bietjie onstuimige weer op die water.

Ons het vinnig die ander eiland besoek - Taquila. Hier is die mense so bietjie meer gevorder word baie weefwerk gedoen.

Hier is die plein van die eiland. Hier is waar die dinge gebeur!

Een van die kinders wat daar rondhardloop en geld vra...

Boerdery. Die vroue moet die saad plant, dis 'n teken van vrugbaarheid.

Ons laaste ete was by een van die families op die eiland. Baie lekker vis(trout) geeet.

Die laaste dag in Puno was daar 'n groot fees wat gehou is deur die universiteit en strate was vol mense wat sing, dans en klappers skiet!

No comments:

Post a Comment