Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Friday, September 16, 2011

Peru- Cusco

Na Rio het ons vertrek na Peru. Ons het direk van Lima af gevlieg na Cusco - 3200m bo seevlak. Cusco word genoem die naaltjie van Peru, aangesien dit die middel van die Inka se koningkryk was. Dit is 'n awesome plek, en ons het dit deeglik verken terwyl ons gesnak het na ons asem!

Oor die Andes.

Cusco van ons hostel se dak af. Al die huise lyk maar vaal en al verf wat hier beskikbaar is, is blou.


Ons het omtrent geeet. Die kos in Peru is fantasties en daar is verseker 'n paar kilos aangesit. Ons het vir Simon en Althea hier gekry en so paar dae saam met hulle getoer. Dit was 'n baie lekker ervaring en afwisseling van ons 2 se alleen uitstappies!


Die dorpie het gewemel van die feeste en mense wat dans en sing. Almal is tradisioneel aangetrek en baie kleurvol.


Ons is die volgende dag op 'n stadstoer van Cusco en het 'n paar Inka ruines gaan besoek. Dit is ongelooflik om te sien hoe hulle die goed gebou het.


Hier is Gina saam met 'n paar van die locals. Hulle klere is altyd baie kleurvol en mooi.


Cusco met groen gras! Qorikancha - ou Inka tempel.


Ek saam met ouma en die Llama.


Die feeste gaan tot diep in die nag.


Ons het ook vir Pieter en Estelle gekry in Cusco. Lekker suid afrikaanse etetjie gehou daardie aand. Meeste het hulle vergryp aan 'n stukkie Alpaca vleis! Nogal lekker!

No comments:

Post a Comment