Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Monday, September 5, 2011

Igauzu

Ons het die Suid Amerika uitstappie begin met 'n vinnige stop in Buenos Aires. Ons het letterlik 1 aand hier geslaap voor ons vertrek het na Puetro Igauzu on die valle te besigtig. By die Igazu Valle het ons die eerste dag die Argentinie se kant besoek en die volgende dag die Brazil kant van sake gaan uitkyk. Dit was 'n belewenis gewees om die watervalle te sien. Definitief een van die coolste goed wat ons al ooit besoek het!



Hier is die Obilisk in een van die groot strate van Buenos Aires...nie so great nie.


Hier is backpacker wat wonder of die Taxi waarvoor hy klaar betaal het ooit gaan opdaag...


In Puerto Igauzu het ons gebly by La Canterra Jungle Lodge, hoog aan te bevele. Hulle het ons gevat op 'n fiets rit deur die woud en so bietjie die ogewing gewys. Was baie lekker en het ons albei met met seer boude gelos!


Ons geniet 'n Malbec wyntjie op ons stoep in die woud, idillies.


Ons by die Valle...


Gina in die Valle...


Hier het ons op 'n boot gery tot in die valle. Dit was meer soos 'n stort! Daar was niks aan my lyf wat nie heeltemal nat was nie! Baie lekker.

Net voor die STORT. Nog 'all smiles'.


Gina eet bietjie reenboog...dit is net na ons op die boot was. Soos julle kan sien is Gina so nat soos 'n hoender hier.


Die 'Devil's Throat', die groot meneer van die Valle .


Voor die 'Devil's Throat' .


Ons by die 'Devil's Throat', die klank van die water hier is oorverdowend.

No comments:

Post a Comment