Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Saturday, September 17, 2011

Aguas Callientes - MACHU PICCHU

Vanaf Cusco is ons vroeg die oggend na Aguas Callientes sodat on die volgende dag Machu Picchu kan besoek. Het lekker in first class gery, met vensters in die dak en kon ons die hele pad die berge dop hou. Waar Cusco 3200m hoog is is AC net 2800m hoog so kon ook bietjie vinniger loop sonder om moeg te raak!

Hier wag Gina om die trein te betree...

Ons het in Aguas Callientes teen die berg gaan op stap om 'n mooi uitsig van die dorp te kry. Dit is 'n piepklein dorpie, en bestaan net uit toerisme. Al die restaurante (sowat 400 as ek reg is) bied presies dieselfde spyskaart teen verskillende pryse. Min verskydenheid.

Hier is die dorpie se 'main square' met 'n groot inka standbeeld in die middel wat sy hande uitsteek na Machu Picchu se kant toe.


Laat middag het ons gaan uitspan in die warmbronne op die buitewyke van die dorp. Soos julle kan sien is die water nogal...terapeuties(vuil), vol minerale en grond! Was baie lekker, met interessante karakters wat daar rond hang in die bad!


Oppad terug na ons hotel het ons bietjie sokker gekyk. As daar een ding is wat elke dorpie het is dit 'n sokkerveld!


4:90die volgende oggend het ons die ry ingeval om die bussie op te vang na Machu Picchu.


Hier kom die son op oor die Inka stad, wat baie cool om te sien.


Net as bewys dat ons saam daar was. Die berg in die agtergrond is WanhuPichu mountain.


Gina by die afgrond. Daar is die mooiste landskap van daarbo af te sien. Dit is die grens tussen die berge/graslande en die woud aan die ander kant.


Gina in een van die deure van die Inka se huise. Dit is ongelooflik om te sien hoe hulle die huise gebou het. Verdiepings, kamers, kombuise ens. Daar is ook 'n hele water sisteem wat 24h/dag hardloop van die berg af en die hele stad van water voorsien! Die Inkas was nie te dom nie... Machu Picchu beslis iets om in mens se leeftyd te sien!

No comments:

Post a Comment