Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Tuesday, September 27, 2011

Arequipa & Colca Canyon

Ons het na Puno die pad gevat na Arequipa en die Colca Canyon. Dit is meer suidwes en beitjie verder van Bolivia af. Arequipa was 'n plesier vir die oog en 'n baie welkome gesig na al die vaal dorpies. Hierdie dorpie het 'n meer Europese gevoel gehad. Al die mure is verskillende kleure geverf en baie van die huise is gebou uit wit klip(dit is die natuurlike kleur van die klip in die omgewing agv die vulkane) wat die goedkoopste is. Ons het besluit om na die Colca Canyon te gaan vir een aand. Dit is die 3de diepste Canyon ter wereld en die huis vir baie van Peru se Condor voels.

Wandel in die strate van Areqiupa.

Hier het ons die Nonne klooster besoek. Dit is van die enigste plekke waar nonne nog klooster nonne is. Baie cool plek. Die mooiste geboue en strate.

Hier het ons die lekkerste koek geeet. Die chocolade koek was die beste!

Die is die plein van Arequipa.

Oppad na Colca Canyon.

Ek probeer bietjie coca blare vir die 'altitude'. Glad nie lekker nie! Ons het oor die berg gegaan van so 4500m hoog.

Hier is stoorplekker wat gebou is in die canyon waar die Inkas hulle graan en goed gestoor het om veilig te wees teen diere en slegte weer.

Hier is ons blyplekkie gewees. Baie lekker gebly hier.

Gina ontspan bietjie in die warm bron aan die onderkant van die Colca valley.

Hier is ons by die begin van die Colca Canyon. By die uitkykpunt van die Condors.

Twee apies tussen die Condors.

Hier is 'n Spaanse kerkie in die dorpie naby die Canyon wat ons besoek het oppad terug na Arequipa.

Monday, September 26, 2011

Puno - Lake Titicaca

Ons volgende stop was die stad van Puno by Lake Titicaca. Ons hoof uitstappie hier was om 'n homestay te gaan doen op een van die eilande. Die meer is so 4000m (hoogste ter wereld) bo seespieel op die grens tussen Peru en Bolivia. Dit is ongelooflik groot en het gevoel soos die see waarop jy vaar.

Hier is die bote waarop almal vaar na die eilande. Ons het vroeg oggend opgeklim en die eerste stop was by die 'floating islands of Uros' waarna ons gegaan het Amantani eiland waar ons die aand geslaap het.

Hier is die 'Floating islands'.

So bly die mense op die mensgemaakte eilande. Hulle hoof bedryf is maar visvang en deesdae toerisme. Die eilande word gebou uit riete en moet elke 10 dae aangevul word anders sink dit.

Van die eilande het tot 'n klein swembadjie waar vis gehou kan word. Die mense leef maar van dag tot dag, maar van die eilande het tot sonkrag en internet.

Hier is die limo van die eiland. Die enigste vervoer is natuurlik bote.

Die engins van die groot boot...2 mannekrag!

Hier is van die huise op die hoof eiland met sonkrag.

Toe ons op Amantani aankom is ons ingewag deur die dames in hulle tradisionele klere. Ek se tradisioneel, maar hulle dra die klere elke dag nog op die eiland.

Hier is die huisie waar ons gebly het. Baie basies en die mense is maar arm. Hulle het baie goed gekyk na hulle gaste (ons) en vir ons spesiale kos gemaak elke keer. Daar word geen vleis geeet nie so dit was maar meeste van die tyd aartappels!

Hier is die huisie van buite, met die toilet wat buite is....nogal nie so lekker toilet nie.

Die aand is almal aangetrek in tradisionele klere en na 'n dans gevat waar on tradisionele danse gedoen het. Was baie snaaks gewees.

Vroeer het ons gaan kyk na die sonondergang in die reen. Dit was ongelooflik koud.

Hier is die kinders van die familie waar ons gebly het. Hulle is maar vuil, maar baie vriendelik. Anders as 'n sokkerbal en 'n paar balonne het die kinders niks om mee te speel nie.

Hier is die meer Bolivia se kant toe. Bietjie onstuimige weer op die water.

Ons het vinnig die ander eiland besoek - Taquila. Hier is die mense so bietjie meer gevorder word baie weefwerk gedoen.

Hier is die plein van die eiland. Hier is waar die dinge gebeur!

Een van die kinders wat daar rondhardloop en geld vra...

Boerdery. Die vroue moet die saad plant, dis 'n teken van vrugbaarheid.

Ons laaste ete was by een van die families op die eiland. Baie lekker vis(trout) geeet.

Die laaste dag in Puno was daar 'n groot fees wat gehou is deur die universiteit en strate was vol mense wat sing, dans en klappers skiet!

Thursday, September 22, 2011

Ollayantambo

Na Machu Picchu het ons besluit om 'n vinnige stop te maak in die klein dorpie van Ollayantambo. Dit is soos die Napier van die area, net baie cooler! Ons was omtrent verbaas deur die dorpie en het besluit om 'n aand langer te bly. Daar het ons weer vir Althea en Simon gekry en lekker gekuier. Die dorpie was een van die Inkas se 'fortresses' gewees waar hulle die Spaanse verslaan het...een keer. Daarna het die Spaanse teruggekom met meer mannekrag en hulle uitgedryf! Hierdie plek het die lekkerste atmosfeer en kos. Hier het ek die lekkerste stuk vleis geeet wat ek nog in my lewe geeet het!!

Hier stap die girls met hulle sakke af in die pad na ons blyplek. Dit was die oulikste plek waar ons gebly het so ver en was baie verbaas! Dit sit letterlik op die treinstasie en jy voel soos bedorwe spoorwerkers! Gelukkig loop die trein nie in die aand nie en slaap jy soos 'n baba in jou queensize bed en donsduvet tussen die sneeubedekte berge.

Die een dag was ons vir 'n paar uur vasgekeer in die restaurant deur die reen en het ons begin kaart speel. Ons het ook 2 keer middagete geeet(as koek tel as middag ete!).

Gina op die plein...of straathoek.

Die oumatjie het op die muur gesit en glimlag, uitgevat in haar beste pakkie.

Ons het opgeklim na die Inka ruines. Daar is ruines aan elke kant van die klein dorpie(soos julle kan sien in die agtergrond).

Gina ontspan in die son by ons spoorweg-gastehuis.

Hulle het die ongelooflikste sauna gehad wat hulle vir ons aangesteek het. Dit word gestook met 'n ou steenkool stofie eucalyptus blare bo-op. Dit was beslis een van ons hoogtepunte! Lekkerrrrrrr!

Gina en Simon bespreek die goeie lewe van Ollayantambo.

Ons het oppad terug na Cusco 2 stoppe gemaak. Die eerste een was by die soutpanne. Hier het die Inkas verskillende tarasse gebruik om sout te ontgun uit die natuurlike water wat spruit uit die grond. Dit word vandag nog gebruik vir sout ontgunning.

Die tweede stop was by Moray. Hierdie was blykbaar 'n boerdery eksperiment wat gebruik was deur die inkas om te kyk watter produkte die beste groei by watter hoogtes. Indrukwekkende plek om te sien en ongelooflik om te dink dat hulle dit soveel jare terug gebou het.

Saturday, September 17, 2011

Aguas Callientes - MACHU PICCHU

Vanaf Cusco is ons vroeg die oggend na Aguas Callientes sodat on die volgende dag Machu Picchu kan besoek. Het lekker in first class gery, met vensters in die dak en kon ons die hele pad die berge dop hou. Waar Cusco 3200m hoog is is AC net 2800m hoog so kon ook bietjie vinniger loop sonder om moeg te raak!

Hier wag Gina om die trein te betree...

Ons het in Aguas Callientes teen die berg gaan op stap om 'n mooi uitsig van die dorp te kry. Dit is 'n piepklein dorpie, en bestaan net uit toerisme. Al die restaurante (sowat 400 as ek reg is) bied presies dieselfde spyskaart teen verskillende pryse. Min verskydenheid.

Hier is die dorpie se 'main square' met 'n groot inka standbeeld in die middel wat sy hande uitsteek na Machu Picchu se kant toe.


Laat middag het ons gaan uitspan in die warmbronne op die buitewyke van die dorp. Soos julle kan sien is die water nogal...terapeuties(vuil), vol minerale en grond! Was baie lekker, met interessante karakters wat daar rond hang in die bad!


Oppad terug na ons hotel het ons bietjie sokker gekyk. As daar een ding is wat elke dorpie het is dit 'n sokkerveld!


4:90die volgende oggend het ons die ry ingeval om die bussie op te vang na Machu Picchu.


Hier kom die son op oor die Inka stad, wat baie cool om te sien.


Net as bewys dat ons saam daar was. Die berg in die agtergrond is WanhuPichu mountain.


Gina by die afgrond. Daar is die mooiste landskap van daarbo af te sien. Dit is die grens tussen die berge/graslande en die woud aan die ander kant.


Gina in een van die deure van die Inka se huise. Dit is ongelooflik om te sien hoe hulle die huise gebou het. Verdiepings, kamers, kombuise ens. Daar is ook 'n hele water sisteem wat 24h/dag hardloop van die berg af en die hele stad van water voorsien! Die Inkas was nie te dom nie... Machu Picchu beslis iets om in mens se leeftyd te sien!