Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Sunday, April 24, 2011

Bdays en Paasnaweek in China

Vandag was Gina se agt en twintigste verjaarsdag. Ek skryf dit maar uit want in nommers lyk dit net te naby aan dertig! Ons het die oggend begin met lieflike sang(gelei deur my natuurlik) waarna ons alby onsself ooreet aan 'n heerlike westerse ontbyt(deur my gemaak, natuurlik).
Na ontbyt is ek en Gina na Xing Hai square(grootste square in Asie) toe waar daar gepoog is om ons eerste familie vlieer in die lug te hou. Alles het glad verloop(behalwe vir een dwars wind), maar miskien sou ons vlieer beter gevaar het as hy meer gekos het as 'n teesakkie!

Gina sal my kwalik neem as ek nie terugvoering gee oor die geskenke van die dag nie:
1. Haar nuwe Apple Desktop (deur my uitgesoek, natuurlik).
2. Oorbelle, een paar wat lyk soos hond bene en 'n ander wat lyk soos katjies(deur my uitgekies, natuurlik)
3. Menigde hangertjies van alle kleure en geure.
4. Blomme, sponskoek, 'n kersie, alice band en natuurlik nog 'n jaar lank vakansie(deur my gewaarborg, natuurlik)!
Vannaand gaan ons bietjie eet by die Japanese restaurant hier in die Shangri-la, so hopelik lekker Sushi en van daardie aaklike egte Japenese tee!

Hier is Gina baie in haar skik met haar eerste Chinese sponskoek. Die gesig se alles.

Hier is die blomme wat haar lieflike man vir haar aangeskaf het. Opgemaak soos net die Chinese kan. Dit was omtrent 'n blink spulletjie!

Ons het gaan ontbyt eet Saterdag oggend by die Hotel se buffet. Dit was natuurlik nie so lekker soos Sondag se ontbyt nie! Ja, dis 'n stuk French toast wat daar le.

Ons het die rekenaar in 'n elektroniese mark gekoop onder die grond(seker ook ondergronds).
Hier stap ons saam met al die werkers uit by die agterdeur....wat 'n belewenis. Dalk sien ons oor 'n maand dis 'n Apppel rekenaar!

Hier is die verjaarsdagmeisie, baie in haar skik met haar nuwe beste vriendin. Daardie glimlag is omdat ons gegaan het om vir haar 'n laptop te koop, en toe opgeeindig het met die Mac. 'A apple a day keeps the doctor away'. (Gina: Ek wil net se, dis die 1ste geskenk wat ek kry, waar Fran net so opgewonde is oor my geskenk as ek!!!)

By Xing Hai square, die blomme is hulle koppe aan die uitsteek. Oral is die mense ook blomme aan die plant. Ek vermoed oor 'n maand lyk die dorp heel anders.

In die middel van die plein is daar 'n kolom opgesit ter herdenking aan die dag toe China Hong Kong ontvang het. Natuurlik is al die Chinese Zodiac tekens rondom en hier is Gina by haar eie 1983...die jaar van die Vark!

Hier is die kolom in die middel van die plein.

Soos net 'n toeris dit kan doen!

Hier word die vlieer aanmekaar gesit deur die handigste(enigste) westerling op die plein.

Daar trek hy...hoeer as al die geboue.

Die Bday-girl is ook nogal handig met die vlieer, sy vlieg hom sommer so met die een hand.


Hier is net na 'n oomblik van swakheid waar ek deur iemand anders se lyn gevlieg het met my vlieer. Die arme vrou het omtrent 'n aar gebars, haha. Alles goed uitgedraai en ons is darem nie verban van die plein af nie.

Hier kan julle sien dat die plein lekker in die oopte is en hierdie is verste wat jy ooit sal kom van 'n gebou af, sonder om plaas toe te gaan.

My bruid op haar rooi kombersie, na 'n besige vlieer sessie. Lekker ontspanne, besig om die buitelug te geniet.


Nou ja, moet maar afsluit met een foto van my, net om vir julle te wys die besondere figuur en bou van....van die pilaar.

No comments:

Post a Comment