Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Monday, April 11, 2011

Terug in China!

Ek is darem ook uiteindelik weer in China, na 9 weke wat ons weg was voel dit asof die tyd gevlieg het! Dis actually lekker om terug te wees en die keer voel dit bietjie asof ons huistoe gekom het. Ek het heelwat kos van SA saam gebring, wat natuurlik help om dit meer soos huis te laat voel! My tas was letterlik gelaai met kos en selfs 'n kussing! Fran natuurlik bly omdat hy uiteindelik Mrs. Balls Chutney hier het!

Die weer is baie lekkerder van dat ons laas hier was en die son kom baie vroeg soggens al op en sak eers so 6:30, en mens kan rondloop met gewone wintersklere. Ek kan dus makliker explore en hopelik meer van die stad te voet sien. Ons het die naweek meestal net gechill, Fran het weer Saterdag gaan sokker speel en ek het lekker gaan shop! Somer modes gaan beslis kleurvol wees! Wou sakke en sakke vol goed koop, maar het darem weggekom net met 'n nuwe bikini spesifiek met ons Griekeland trippie ingedagte! Ek is reeds lekker besig om te beplan aan ons trip en word al klaar baie opgewonde! Al scary ding is dat meeste akkommodasie wat ek probeer book vir middel Junie al klaar vol bespreek is, net weer besef dat mens in Europa baie goed moet beplan en nie sommer net jou "mind" kan verander nie!

Almal wil graag nog 'n paar fotos van die troue sien, ek het regtig baie min fotos, my kamera was vir meeste van dag nie by my nie omdat ek glad nie 'n handsak of iets by my gehad het nie. Ek sal julle updated hou sodra Wesley se fotos gelaai word, want ek kan glad nie 'n goeie weerspieeling gee van die dag uit die foto's wat ek het nie. Maar hier is 'n paartjies, dis eintlik in die verkeerde volgorde, maar julle kry die idee!



Die oggend na die troue, Fran, Wiaan en Awie! Wedding of the year sowaar!



Die polaroid boek! So mooi uitgekom en almal het daarin geskryf.



I am in love...die stationery was jaw dropping amazing! Elsje Designs het hulle self oortref en amazing om al ons idees op tafel te sien! Die "paper forest" en plekmatjies my gunsteling! Die menu's het soos kuns gelyk!



Die beach was soveel fun en die weer was fantasties! Die giant balloons het so mooi uitgekom!



Die beach! Als was so perfek! Ma Alma se handewerk, bunting vlaggies "imported" uit Bredasdorp!



Jayne het ons rokkie, skoene en geskenk in hierdie stunning sakkies vir ons gegee wat sy self met die hand gemaak het! Amazing!



Die mooiste mooiste hangertjies vir ons almal, hier maak Angie haar een oop en pik 'n traan of twee!



Mrs. Brink to be....



Die "groom" en sy 2 bestmen!



Die bruid en ons 3 bridesmaids, by haar kitchen tea die Donderdagogg voor die troue by die Grand!

No comments:

Post a Comment