Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Wednesday, April 20, 2011

Dalian maak reg vir lente en sokker uitstappie


Dalian is besig om sy vere reg te skud vir Lente of dan bloeisels, hulle plant letterlik bome orals! Dis amazing, hierdie is uit ons hotel venster, hier gebeur dinge oornag! Ek het opgestaan en sover ek kon sien, was daar groot gate gegrawe en was hulle besig om bome in elke gat te plant!

Ons sou Saterdag gaan sokker kyk het, groot game tussen Dalian en ander provinsie, maar ons kon ongelukkig nie meer gaan nie. Dis blykbaar soos Stormers teen Blue Bulls tipe game, so jammer ons dit gemis, maar Fran moes werk! Soos ons gery het was daar net nog en nog trokke wat besig was om bome te plant, ons seker so 40km gery waarlangs orals bome geplant word.


Nog 'n trok met bome! Voel vir my hier word alles net op 'n ander skaal gedoen! Niks is onmoontlik of te moeilik nie!


Die dokter by SOS is vreeslik oulik, hy ook van Suid-Afrika en het vir Fran gevra om iets by kliniek te kom doen, ons sommer oppad na sokker hier gestop. Die kliniek is baie groot en impressive, ek het sommer paar foto's van kliniek geneem.


Hier bly heelwat expats, almal wat werk vir Intel, so die SOS kliniek net vir werkers van Intel. Hier is so klein speel areatjie net buite die kliniek, sien nie baie klein Westerse kindertjies hier nie.


Foto van die portaal.



Ons het sommer bietjie 'n scenic route gevat, hier sommer voorbeeld van hoe baie hulle hier bou, sommer 5 nuwe woonstelblokke word gebou op 1 plek op 1 slag.


Ons was oppad na 'n uitkykpunt toe Fran uitgeroep word, een of ander noodgeval wat hom vir res van dag besig gehou het, shame, ons moes toe terug Dalian toe en ongelukkig sokker gemis!


Hierdie is 'n ander uitkykpunt, ons sal maar nog weer gaan. Kon net tot by bul kom. Baie mooi uitsig van hier.


Fran voor die bul met buddha, baie cool, net jammer ons moes hardloop.


View van bo, dit was baie hazy, soos meeste dae in Dalian, so mens kan nie regtig mooi fotos neem nie.


Ek het vanoggend bietjie gaan shop, en ewe skielik is daar orals troufoto stalletjies, week terug was hier niks. Obviously raak dit nou trou seisoen ook.

No comments:

Post a Comment