Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Sunday, April 3, 2011

Terug in China met Soccer Sunday

Terug by die Huis! Dit is nogal lekker om terug te wees moet ek se. Alles is bekend, maar die wereld lyk anders. Dit is meer lig(langer lig) in die dag, maar mens kan die besoedeling nogal duideliker sien. Nie soos die wonderlike skoon lug in SA. Die temperatuur is natuurlik beter en is so tussen 10 en 18 grade gedurende die dag. Geen meer lang onderbroekies en dik sokkies! As daar 'n windjie waai sny dit jou maar nog lekker! Oral lyk dit of daar meer geboue opgerig is en die mannetjies bou nogal teen 'n verskriklike spoed! Ook besig om die hoofpad te verwyd, so paar minute ekstra werk toe vir my! Na my eerste paar dae by die werk is ek toe vandag(Sondag) gevat om my sokker skills te beoefen saam met Xue Song en sy vriende. Hulle speel in so sosiale liga sokker elke week. Ek neem aan hulle vat maar enige ouens wat hulle kry aangesien die manne nie die mees atletiese klomp is wat ek al in my lewe gesien het nie. Daar word ook met elke breuk 'n paar sterk sigarette gerook om die asem terug te kry. Daarna is ons na die Dalian Universiteit stadion toe om 'n B-lige wedstryd te kyk tussen Dalian en...een of ander span van die Suide. Dalian het die manne geklits 4-0!

Hier is ons kliniek duer nou oop gedurende die dag. Veral as die sonnetjie bak, dan is die container soos 'n oond! Hierdie is geneem net voor ek huis toe is. Gewoonlik was dit al amper donker teen daardie tyd.

Xue Song kan ook nou sommer die motor by die werk was gedurende die dag. 1. Dis warm genoeg en 2. Die krane se water is nie gevries nie!

Ons span se kleure is rooi en meerste van die manne het die identiese kleure van die Spaanse sokker span. Die manne nogal finatiese sokker ondersteuners. Die veld sit naby aan die see en is 'n Astro turf(sand base).

Ek het Vrydag vir my 'n hele rooi pakkie gaan aanskaf. Skoene, sokkies, broek en Hemp. Geen Spaanse klere vir my nie. My voete is kas toe na die game en my spiere almal styf. Dit gaan 'n lang week wees!

Hier is ons in die Stadion van die Universiteit. Die skare gaan mal! Daar is sekuriteit, Polisie, die hele toetie. Die wedstryd word ook op die TV en Radio uitgesaai. Groot storie vir 'n B-liga game.


Hierdie knapie het die skare vermaak die hele tyd wat die game aan was. Teen hierdie tyd was dit al redelik koud en ek het 'n warm baadjie aan gehad! Hy seker 'warm'??



Die Dalian manne(Blou) het die ander ore aangesit!

No comments:

Post a Comment