Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Sunday, May 1, 2011

Naweek uitstappie- lank terug

Ek het nou eers onthou om te blog oor wat ek gedoen het die eerste naweek wat ek terug was in China. Ek en Xue Song het gegaan na die heel suide van Dalian. Hierdie gedeelte was vir lank beset deur die Japanese en die Russiese weermag, en ons het die uitkyk punt 'monument' gaan besoek op die kop van die heuwel. Ek kan nou nog nie lekker uitmaak wat die hele doel of die geskiedenis is van die monument nie, maar nou ja, ek was daar.

Hier is die monument wat opgerig is op die koppie. Laat my dink aan die vuurtoring wat by Agulhas staan. Ons was gelukkig genoeg om te kan opgaan in die toring, en dit was ook min of meer soos die trappe by Agulhas!

Hier is die uitsig so halfpad op teen die trappe. Dit was 'n mooi dag in Dalian se standaarde, maar jy kan omtrent nie verder as so 5-10km sien nie a.g.v. die besoedeling.

Ek het nie die trappe getel nie, maar daar was seker so 1-200000 van hulle!

As jy bo kom is die uitsig nogal mooi...sou natuurlik mooier gewees het sonder die besoedeling. Nee, dit is nie mis nie. Daardie ingang is die enigste ingang tot die hele baai en natuurlik hoekom dit so maklik was om hierdie stukkie land te verdedig.

Hier is die enigste stukkie blou lug wat ek kon kry, reg bo die toring.

Aan die ander kant van die toring is daar 'n museum van al die ou wapens en vliegtuie en bote wat gebruik was in daardie tyd van die oorlog. Dit is nie soos ons 'n museum ken nie. Jy kan op alles klouter en aan alles vat en in alles sit...solank jy 1RMB betaal(R1) om dit te doen! Soos julle kan sien is daar 'n man oppad om sy foto te laat neem in die vliegtuig. Hulle verskaf ook vir jou 'n ou vlieghelmet om op jou kop te sit.

Hier sit ek in een van die uitstallings. Dit het verkeerd gevoel om so in alles te klim, ma nou ja...'when in Rome'.

Daar is 'n ou duikboot onder die sement vasgevang en jy kan deur die teleskope kyk na die buitewereld.

Die teleskoop is gemik terug na die uitkykpunt.

Oppad huis het ons vinnig gestop by die Dalian Mediese Universiteit. Dit is so 10 keer groter as Tygerberg kampus! Hulle het hulle eie stadion, onderdak swembad(olimpiese standaard), privaat strand en menigde astro-turf hokkie en sokker velde. Hulle studente sentrum lyk soos Sanlam sentrum en die behuising alleen is so groot soos die Cape flats!


Hier is die grote mangos wat ek gevoer word by die werk. Die oudjies is nogal lekker en soet. Ons het intussen al groter mangos teegekom, en die prys het aansienlik gesak van die begin van die jaar af. Dit is nou so R15 'n mango.

No comments:

Post a Comment