Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Monday, May 9, 2011

Strate van Dalian

Ek en Gina het laas week bietjie in die strate van Dalian gaan wandel op soek na groen plante na die reen. Die weer laat ons ook toe om die stad te voet aan te durf. Die hele stad is maar vaal van al die besoedeling en bouwerk. Alles het 'n lagie stof op, selfs die mense! Daar is ook maar min blou lug te sien. In die omtrek van drie blokke om ons kan jy van die rykste en armste mense sien in die stad. Hier is 'n paar fotos om te wys hoe ons geweste lyk.
Meeste van die klein winkeltjies lyk soos hierdie twee. Aan die Linkerkant staan 'familie slagtery'...ok, ek het nie 'n idee wat daar staan nie.
Hier is die tipiese straat gevoel.

Oral op die strate le rommel en goed rond. Hierdie is een van die skoon, netjiese straathoeke.

Ek dink hierdie is 'n stopteken, maar dit dien natuurlik geen doel in China nie. Geen mens steur hom aan 'n pad teken/reel nie.

Oral oor die stad loop daar nog hierdie Trem treine. Hulle kos dubbel soveel soos om op die bus te ry...2RMB

Daar is baie min bedelaars wat ons nog gesien het. In plaas van bedel is almal aan die handel dryf, al moet hy sy stellasie van opgetelde hout bou en 'n paar koerante en koeldrank verkoop.

Baie van die parke begin bietjie kleur wys en dit help om bietjie die vaal uit die stad te kry.

Lekker speel die afgetrede mense kaart.

Hierdie is die straat waarin ons hotel is. Nogal 'n grand straat met duur hotelle en al die ontwerpers winkels.

Dan net agter een van die gesogte hotelle is daar die straatmark waar alles verkoop word van vars vrugte tot stink vis en sakke vol neute.

No comments:

Post a Comment