Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Saturday, July 2, 2011

Istanbul - Post 100!!!

Ons is in Istanbul op oomblik en rus lekker uit voor ons terugkeer na China more. Dit is ons 100ste post wat ons maak so ek het dit goedgedink om baie fotos op te laai.
Daar is net 'n paar dinge wat mens kan se oor Istanbul:
1. Hier is moer baie mense! 20 000 000 om presies te wees.
2. Stad le oor 2 kontinente (Europa en Asie)
3. Al hulle kos proe dieselfde(soms lekkerder as ander), maar gebruik bietjie min sous as jy my vra!
4. Alles is onderhandelbaar, van hotel pryse tot matte...
5. ...en hier is baie matte, kebaps, toeriste, moskee's en minarette!
Ek sal Istanbul vir enige mens kan aanbeveel(en jy het nie 'n visa nodig nie). Dit is 'n baie lekker plek om te travel en selfs die res van Turkye lyk die moeite werd.
Ek nie gedink dit sal gebeur nie, maar ons is nou moeg vir Turke, kabaps, toeris wees en om heeltyd nee te se vir matte. Dit is nou tyd om terug te keer na China vir 'n bietjie rus.

Istanbul (Sultanahmet area) van die dak van ons eerste hotel.

Gina voor die Blue Mosque


Baie van die hier beskikbaar...


In die Grand Bazaar. Hier kan alles koop wat jy in Turkye kan kry. Borde, glase, matte, leer sakke en baadjies, matte, leer, matte...


Grand Bazaar.


Ons in restaurant op die dak. Baie mooi uitsig van Istanbul gehad.


Die Blue Mosque van die restaurant af.


Ons was die een dag op 'n stadstoer met oop bus. Goeie idee van die stad gekry. Het wragtig tot in Asie gery met die bus...sjoe.


ISTANBUL!! Asie aan die anderkant van die rivier.


3 Moslems wat ek raakgeloop het in die Blue Mosque...


Nog een...


In die Spice bazaar. Alles onder die son.


Ria besig met aankope. Hier moet jy die manne maar fyn dophou of jy kry meer as wat jy voor gebargain het.


Spice bazaar.


Grand Bazaar. Almal staan so voor hulle winkels om jou in te lok met hulle vleiende woorde.


Ons besig om matte te kyk. Die manne rol al wat mat is voor jou uit.


3 Apies by die Topkapi paleis voor die Bosporus rivier.


Voor die Blue Mosque...


'n Straat in Istanbul...net mens waar jy kyk.


So sny hulle vir jou 'n stukkie vleis vir jou kabap.


Die oudste trem in Istanbul.


Mense klim net op en af en die trem woel daar deur al die mense met sy toeter!

No comments:

Post a Comment