Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Tuesday, July 19, 2011

生日快乐

生日快乐 - Vir die van julle wat nie chinees verstaan nie, dit beteken "Happy Birthday"!!!!
Ons is terug in China en dis somer, baie warm en actually baie lekker om terug te wees! Fran verjaar vandag so dis tyd vir Partytjie, ons 2 sal vanaand onsself bederf met regte Westerse kos, so ek vat hom uit na Cafe Copenhagen, waar mens steak en goeie wyn kan kry. Francois droom nou al vir maande oor 'n opslaan fiets, so toe besluit ek hy verdien dit vir sy verjaarsdag en die bonus is, mens kan dit maklik opvou en terug bring huis toe. Hy moet maar later 'n post doen vir julle, net oor sy fiets en wys hoe dit opslaan etc. Verder het hy ook 100de ander geskenke gekry, so hy kan nie kla nie(kry homself jammer dat hy weer nie in SA is vir sy bday nie, laasjaar was ons in Vietnam).
Ma Alma en Pa Francois het vir Fran 'n speaker sisteem vir sy Ipod gegee, dit werk baie lekker en ons kan nou selfs dans in ons flat! Ma Marie en Pa Johan het vir hom bydra gemaak vir sy Five fingers skoene, so cool!
Ons het sommer Saterdag al begin verjaarsdag vier, een van die ouens wat saam met Fran werk verjaar ook vandag en hulle het Saterdag 'n Beach Braai gehou, was 'n baie interessante dag! Ons 1ste dag om die Chinese Beach ervaring te kry. Hierbo is nog een van die kersies wat sing en 'n hele show gooi.
Hulle verkoop alles by die beach wat jy moontlik nodig kan kry vir die strand, die manne hier dra nie boardshorts nie, maar pikante stywe broekies.
Die vrouens dra belaglike groot en lelike swembroeke. Kan ek vir enige iemand een saam bring huis toe?
Soos alle reels in China, steur niemand hulle daaraan nie, soos die bord se, Nie 'n swem area nie! Maar almal swem, selfs Fran het die waters gaan uit toets.

Fran gaan vat 'n dip, maar dis blykbaar baie grillerig en goedjies wat om mens dryf. Ek sal dit maar 'n skip gee. Die water ook vrek koud.
Daar is regtig ongelooflik baie mense(en blykbaar was dit nie 'n besonderse vol dag nie), daar is net mense waar jy kyk. Pa Francois, dit lyk sowaar soos op daai e-mails.
Die restaurante op die beach verhuur sulke tente of afdelings uit en braai dan vir 'n mens, ons het baie lekker geeet, van prawns tot vleis kebabs.



No comments:

Post a Comment