Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Thursday, August 12, 2010

Huis toe

Ja, dis sulke tyd! Tyd om te gaan. Dit was waarlik 'n ondervinding wat ek nie sal vergeet nie! Ek sit op die lughawe en geniet vir die laaste keer 'n noodle maaltyd met chop sticks. Ek kan nie meer opgewonde wees om by die huis te kom nie. Ek gaan die mis die vriendelike mense, die chaotiese verkeer, die biljoene Dong, die goedkoop sushi, die geodkoop bier, die min pasiente, die 24h laberatorium, die breakfast elke oggend, taxi diens na werk en die absolute gemaklikheid van die mense op straat. Ek sien uit na skoon lug, lui mense, afrikaans,vleis, braai, water uit die kraan drink, Marios pizza, rooiwyn, vriende en familie!
Jy kan my trippie na vietnam opsom in 3 woorde: internet...sweet en noodles!
Ek kan my gevoel oor Suid Afrika ook opsom in 3 woorde: home...sweet home!

Sunday, August 8, 2010

Mekong Delta

Die Mekong Delta is awesome! Het die afgelope 2 dae bietjie daar gaan rondkrap.
Kan nie alles beskryf nie, sal maar die hele storie vertel as ek terug is by die huis.
Hier is van die hoogtepunte


Ek drink slangwyn in die 'fabriek' waar hulle kokosneutlekkers maak. Het ook piesangwyn en kokosneutwyn probeer. Slangwyn die beste, maar nie een baie goed nie.




Hier ry ons fiets op een van die eilande. Pap wiele, geen remme wat werk nie en voel of ek op die grond sit. Amper 'n paar keer deur 'n skooter getrap ma darem oorleef. Het ook geeet op die eiland.



Ons het toe met klein boodjies op van die kanale gevaar, 'n paar verkeersopeenhopings teegekom op die water. Meeste van die roeiers is vroue(soos dit hoort!haha).
Daarna was ons na 'n 'Heuningplaas' waar ons heuningtee gedrink het en ook die knapie ontmoet het!


Die aand het ek die opsie gekies van 'homestay'. Van ons het oorgebly by 'n Vietnamese familie se huis. Jy slaap in 'n kamertjie langs die huis, amper soos 'n backpacker. Natuurlik was daar omtrent geen matras op die bamboesbetjie nie en dit was maar 'n rowwe nag! Het darem baie lekker geeet by die familie, regte vietnamese style. Bo is my slaapplek(merk op hulle voorsien tot 'n tandeborsel, tandepaste en 2 ou vuil handoeke!) en die uitsig na die huis langsaan(Al die plekkies maar dieselfde.)

Vanoggend is ons 5h30 en het in die reen hulle landerye gaan besoek. Hulle boer met waartlemoene en kry so 3 oeste per jaar. Die hele familie boer natuurlik saam. Was baie cool om so in die reen deur die landerye te stap.


Ons laaste stop was die floating market waar almal kom smous met hulle vrugte en groente. Ek het die indruk gekry dis nie eintlik vir toeriste nie, maar meer hulle water supermark vir almal wat op die rivier bly. Ons het ook 'n rys-noodle 'fabriek' besoek oppad terug.

Nou ja, dit was 'n besige 2 dae maar definitief die moeite werd!

Wednesday, August 4, 2010

Ho Ho Chi

Hier is sommer net n paar fotos, het die laaste tyd gesukkel om te laai.
HCMC baie anders as Hanoi. Die werk is biejtie stiller, maar baie meer styf, sal sien of die mense ontdooi met tyd. Die kliniek bietjie groter en 2 vloere. Moet heeltyd met die trappe op en af!



Hier is ek en Gina by die Poskantoor, baie ou gebou.(bietjie skeef....oeps)


Ek sit en braai vleis in die restaurant! lekkerrrrrr.



Ho Chi Minh uit die lug.




Gina voor haar haarsalon!



Ons het sushi gaan eet die laaste aand voor Gina weg is.



Monday, August 2, 2010

Blou Maandag

Sopas van Fran gehoor, vir 1ste keer vandag, hy lyk my het 'n maller as mal dag by die nuwe werk! Hy is nog altyd tans daar, dis al 21h00 en klink my hy weet nie wanneer hy huis toe gaan nie. Gaan blykbaar rof daar.

So tussen vlugte wat gekanseleer word en Fran by die nuwe werk, was dit beslis 'n BLOU Maandag. Nog 3 ure to go op die lughawe, gan nou bank soek en sit en lees!

Gina in KL

Sopas in Kuala Lumpur geland en nou al weer die lang wag...Het net voor 6 geland en vlieg eers vannag 01:20 hier uit, so ek sal my self moet besig hou!!! Te lank op internet le is ongelukkig nie 'n opsie op die oomblik nie want hier is 'n laaannnnggg ry! So ek moet gou tik.

Kan nie glo die trip is amper verby nie! Was so amazing, het vir maande gedink en gewonder of SOS drome ooit gaan waar word, en wraggies, ons Vietnam illusie het waar geword! Was sowaar 'n amazing ervaring, my "invoer/shopping" drome uit Vietnam is beslis gecrush, maar ten minste kon die snuffel hondjie in my self dit kom sien en ervaar! Sal nou maar net weer 'n draaitjie in Bangkok moet gaan maak.

My "hoogtepunte" of wat ek sal koester:
- Ek en Fran, woon fisies in 'n ander land (al was dit net vir maand)!!! Amazing om nie net te travel nie, maar so bietjie langer 'n kultuur/mense te kan ervaar. Was beslis heeltemal uit ons comfort zones!
- Die mense - so anders en vreemd, mens besef net weer hoe cool jou eie land is(alhoewel Vietnam nogal cool is!)
- Vietnam is 'n vlak dam! Amazing hoe mense so in die water kan lewe, die rys, by alles en orals om jou! Dis amazing met hoe min hulle oor die weg kom en steeds gelukkig lyk.
- Halong Bay - kan steeds nie glo ons kon gaan, al moes meeste bote omdraai agv sikloon! Daai swem terwyl die son sak en die kaptein ons 5 min gee voor hy vertrek!
- My uiteet, alleen op die oewer van Old Town in Hoi An, daai latterns en die volmaan! Magical.
- Goeie kos! Ons het geeet! Ek seker 5kg opgetel, maar nou ja, lekker was dit beslis!
- Hanoi en die chaos daar, geen padreels, orde! Chaos, maar dit werk. Nooit gedink ek sou dink dat SA Taxi drywers baie beskaafd is nie.

Vietnam sal my beslis weer sien, volgende keer, beslis off the beaten track!!!

Ok, chat weer later, gaan nou eers kyk of ek dalk iewers 'n bargain kan optel! mwa mwa

Sunday, August 1, 2010

Einde van Gina

Die tyd het gekom om Gina se skoene in te pak, my krdietkaart te laat rus en hart weer swaar te laat trek. Ja, sy is oppad terug na die land van melk en vleis! Maar glo my dit was nie sonder sy bietjie drama hier op die laaste aand nie. Ons het 'n lekker 2 dae in HCMC gehad. Baie gereen, maar dit het ons nie gestop om al die nagemaakte goedere uit te snuffel nie. Jy kan behoorlik soos 'n jappie lyk vir 'n vaaljapie se prys. Ons het soos konings geeet: gisteraand by 'n plek waar jy jou eie vleisie braai(ons mis dit so baie) en vannaand vir onsself naar geeet aan sushi vir next-to-nothing! Gina het selfs n draai gemaak by die haarsolon vir 'n kleur en natuurlik 'n massage(sonder 'n happy ending). Gina se vlug vir more is vertraag met 13ure wat beteken sy mis haar internationale vlug, nou vlieg sy buisness class na Hanoi(ek dink hierdie was dalk die plan van die begin af??). Omtrent drama gehad vir 3.4min, maar alles toe reg uitgewerk(behalwe vir ons kredietkaart). So, van more af is ek alweer alleen in my kamertjie, met die ontbyt as hoogtepunt van my dag....kannie wag.