Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Monday, July 25, 2011

Bandemaker

Hier is wat ek gedoen het by die werk op die dag van my verjaarsdag. Ek het my eerste Goodyear motorband gemaak! Dit is nogal 'n ongelooflike prosses om te sien, nie so eenvoudig soos wat 'n mens dink nie.
Hier is ek met die klaar gemaakte band. Dit is wat jy noem 'n 'green-tyre'. Dit is hoe die band lyk voor hy na die oond en drukker toe gaan waarna hy dan lyk soos ons hom op die motor sien.
Hier haal ek hom van die masjien af...
Besig met die prosses...
Hier was ek by 'n restaurant op my B-day naby die fabriek.

Oppad na die fabriek is daar 'n groot hoender in die veld...ek nie seker wat hy daar maak nie??

Tuesday, July 19, 2011

生日快乐

生日快乐 - Vir die van julle wat nie chinees verstaan nie, dit beteken "Happy Birthday"!!!!
Ons is terug in China en dis somer, baie warm en actually baie lekker om terug te wees! Fran verjaar vandag so dis tyd vir Partytjie, ons 2 sal vanaand onsself bederf met regte Westerse kos, so ek vat hom uit na Cafe Copenhagen, waar mens steak en goeie wyn kan kry. Francois droom nou al vir maande oor 'n opslaan fiets, so toe besluit ek hy verdien dit vir sy verjaarsdag en die bonus is, mens kan dit maklik opvou en terug bring huis toe. Hy moet maar later 'n post doen vir julle, net oor sy fiets en wys hoe dit opslaan etc. Verder het hy ook 100de ander geskenke gekry, so hy kan nie kla nie(kry homself jammer dat hy weer nie in SA is vir sy bday nie, laasjaar was ons in Vietnam).
Ma Alma en Pa Francois het vir Fran 'n speaker sisteem vir sy Ipod gegee, dit werk baie lekker en ons kan nou selfs dans in ons flat! Ma Marie en Pa Johan het vir hom bydra gemaak vir sy Five fingers skoene, so cool!
Ons het sommer Saterdag al begin verjaarsdag vier, een van die ouens wat saam met Fran werk verjaar ook vandag en hulle het Saterdag 'n Beach Braai gehou, was 'n baie interessante dag! Ons 1ste dag om die Chinese Beach ervaring te kry. Hierbo is nog een van die kersies wat sing en 'n hele show gooi.
Hulle verkoop alles by die beach wat jy moontlik nodig kan kry vir die strand, die manne hier dra nie boardshorts nie, maar pikante stywe broekies.
Die vrouens dra belaglike groot en lelike swembroeke. Kan ek vir enige iemand een saam bring huis toe?
Soos alle reels in China, steur niemand hulle daaraan nie, soos die bord se, Nie 'n swem area nie! Maar almal swem, selfs Fran het die waters gaan uit toets.

Fran gaan vat 'n dip, maar dis blykbaar baie grillerig en goedjies wat om mens dryf. Ek sal dit maar 'n skip gee. Die water ook vrek koud.
Daar is regtig ongelooflik baie mense(en blykbaar was dit nie 'n besonderse vol dag nie), daar is net mense waar jy kyk. Pa Francois, dit lyk sowaar soos op daai e-mails.
Die restaurante op die beach verhuur sulke tente of afdelings uit en braai dan vir 'n mens, ons het baie lekker geeet, van prawns tot vleis kebabs.



Saturday, July 2, 2011

Istanbul - Post 100!!!

Ons is in Istanbul op oomblik en rus lekker uit voor ons terugkeer na China more. Dit is ons 100ste post wat ons maak so ek het dit goedgedink om baie fotos op te laai.
Daar is net 'n paar dinge wat mens kan se oor Istanbul:
1. Hier is moer baie mense! 20 000 000 om presies te wees.
2. Stad le oor 2 kontinente (Europa en Asie)
3. Al hulle kos proe dieselfde(soms lekkerder as ander), maar gebruik bietjie min sous as jy my vra!
4. Alles is onderhandelbaar, van hotel pryse tot matte...
5. ...en hier is baie matte, kebaps, toeriste, moskee's en minarette!
Ek sal Istanbul vir enige mens kan aanbeveel(en jy het nie 'n visa nodig nie). Dit is 'n baie lekker plek om te travel en selfs die res van Turkye lyk die moeite werd.
Ek nie gedink dit sal gebeur nie, maar ons is nou moeg vir Turke, kabaps, toeris wees en om heeltyd nee te se vir matte. Dit is nou tyd om terug te keer na China vir 'n bietjie rus.

Istanbul (Sultanahmet area) van die dak van ons eerste hotel.

Gina voor die Blue Mosque


Baie van die hier beskikbaar...


In die Grand Bazaar. Hier kan alles koop wat jy in Turkye kan kry. Borde, glase, matte, leer sakke en baadjies, matte, leer, matte...


Grand Bazaar.


Ons in restaurant op die dak. Baie mooi uitsig van Istanbul gehad.


Die Blue Mosque van die restaurant af.


Ons was die een dag op 'n stadstoer met oop bus. Goeie idee van die stad gekry. Het wragtig tot in Asie gery met die bus...sjoe.


ISTANBUL!! Asie aan die anderkant van die rivier.


3 Moslems wat ek raakgeloop het in die Blue Mosque...


Nog een...


In die Spice bazaar. Alles onder die son.


Ria besig met aankope. Hier moet jy die manne maar fyn dophou of jy kry meer as wat jy voor gebargain het.


Spice bazaar.


Grand Bazaar. Almal staan so voor hulle winkels om jou in te lok met hulle vleiende woorde.


Ons besig om matte te kyk. Die manne rol al wat mat is voor jou uit.


3 Apies by die Topkapi paleis voor die Bosporus rivier.


Voor die Blue Mosque...


'n Straat in Istanbul...net mens waar jy kyk.


So sny hulle vir jou 'n stukkie vleis vir jou kabap.


Die oudste trem in Istanbul.


Mense klim net op en af en die trem woel daar deur al die mense met sy toeter!