Gister het ons 'n trippie gevat deur Hanoi met 'n backstreet toer company(hulle het darem Air Con gehad). Hulle gee toe vir ons die laaitie(hierbo gesien met sy Duitsland(uitspraak: jeeminie) hempie) in Vietnam wat die slegste Engels hakkel wat ek nog tot dusver gehoor het. Tog was dit die moeite werd om Hanoi so te sien. Ons het vele plekke besoek en het so paar fotos bygesit. Hoogtepunte was die 'Temple of Literature', Ho Chi Minh's Mausoleum, Tran Quoc Pagoda, Vietnam museum of Ethnology. Die aand het ons gaan eet by KOTO wat die smaaklikste Hond ribbetjie het wat ek nog....grap net, lekkerste kos nog tot dusver, bietjie meer upmarket, maar definitief die moeite werd. Sal weer moet terugkeer vir meer.
Hier staan Gina by slaapplek in een of ander hut, van een of ander stam, uit een of ander ara in Vietnam se geskiedenis. Hulle het klomp stamme en kulture in hulle geskiedenis, klink soos Suid Afrika! Ho Chi Minh = Mandela! Viva!
No comments:
Post a Comment