Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Saturday, November 12, 2011

Nazca

Na die Colca Canyon het ons besluit om verder Wes te gaan na die klein dorpie van Nazca. Hier maak jy kennis een van die groot raaisels van die wereld. Die ontstaan van die Nazca lines is tot vandag toe nog 'n raaisel, alhoewel daar baie teoriee is oor hoekom en hoe dit tot staan gekom het. My teorie: Iemand(ou intelligente Inka) het die goed gemaak vir sy eie vermaak en as kunswerke(seker sodat hy na sy dood dit van die hemelruim af kan geniet). Nou probeer die wetenskaplikes al die raaisels uitwerk, terwyl Mr Inka vir hulle lag! Dit was omtrent 'n belewenis om dit te sien, maar tog 'n klein bietjie 'overrated'. Hier is ons eie Nazca soektog...

Buite die dorpie van Nazca le die klein lughawe waar daar omtrent elke 5min 'n vliegtuig(doodskis met vlerke) opstyg. Hier is die kaart van al die figure wat uit die lug te sien is. Vanuit die lug is die beste manier om die lyne te sien, alhoewel dit nog steeds nie so sigbaar is nie. Daar is baie faktore wat saam moet speel om 'n goeie ondervinding te he.
Hierdie was ons....vliegtuig.
Die 'pilot' maak net seker dat hy alles gedoen het voor ons opstyg!! Dit het nie baie vertroue gewen aan my kant nie!
Dit is die 'view' wat jy het van bo af. Dit is die enigste punt waar jy die lyne van die grond af kan sien. Dit is 'n uitkykpunt langs die pad. As jy mooi kyk kan jy die twee figure sien links en regs net onder die uitkykpunt....kyk mooi!
Die mannetjie het elke keer vir ons verduidelik wat ons voor moet kyk op die grond.
Dan swaai die vliegtuig van liks na regs sodat almal kan sien.
Gina so bietjie groen om die kiewe na die landing. Daai is 'n benoude glimlag.
Die middag het ons die woestyn aangepak met die 4x4 'beachbuggie'. Die drywer is 'n eks-ralley drywer en het ons goeie waarde vir ons geld gegee! Een van daai sitplekke het 'n klein bruin kolletjie op!
Ons vasgegespe agter in die renwa!
Na ons elke senutergende duin oor gejaag het, het ons ontspan vir 'n bietjie sandbording.
My nooi op die sand...
Mooi woestyn uitsig.
Ons hele groep van 4.
Hier is die oop grafte van die Inkas naby Nazca. Hulle was begrawe met baie waardevolle items en deur die jare is hulle grafte opgegrawe deur skattejagters en die bene net so gelos bo die grond.

Ons laaste stop was 'n beweerde Inka tempel wat onder restorasie en opgrawing is. Ons behoort die uitgedinkte storie oor die plek oor 'n paar jaar te hoor. Hierna is ons na Huacachina.

No comments:

Post a Comment