Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Saturday, November 12, 2011

Huacachina

Na die Nazca uitstappie het ons laat die nag in Huacachina aangekom. Dit is 'n klein dorpie totaal omring deur Woestyn en duine en 'n groot trekpleister vir jongmense.
Hier was die uitsig van ons hotel met aankoms.
Die volgende oggend het ons die duin agter die hotel aangepak. Dit was maar 'n strawwe klim so op die lee maag! Hou bene hou!
Van bo op die duin kan jy die nabyliggende stad van Ica sien.
Hier is die hele Huacachina...ware oase!
Hier is 2 van die toeriste op die duin...
Die pad terug was baie makliker.

Dit is die hotel deur die dag. Letterlik op die duin.

No comments:

Post a Comment