Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Thursday, November 17, 2011

Back in China

In China was ons al weer besig gehou. Ek deur werk en Gina deur plesier. Hier is van die pret wat ons sover gehad het...
Gina het 'n pottery klas bygewoon...
mmmmm, oulik....
Soos net die Chinese kan show hou.
Gina en die girls by 'n show in Dalian...
Majong...elke Maandag en Vrydag.
Sandy met 'n pruik...
Kooklas saam met die girls...
KTV, singstar op sy beste!
Ons was in die VIP 7777777 kamer...
Gewine en dine in Chinese style...

Ons base besig om American pie te sing...nie te sag op die oor!

Vishi en Suz Trou!!

Toe ek al terug was in China het Gina agter gebly om Vishi en Suzanne se troue by te woon.
Dit was 'n ongelooflike troue en ek is baie spyt ek kon dit nie maak nie! Geniet bietjie die pret!
Wellington se berge...
Mnr en Mev...
Die girls...
Die seremonie
True love...
Nice fasinater!
Love...
Gina en die blou baadjie...
Gesellig...

Laat aand gesellig...

Monday, November 14, 2011

Jonk en Oud

In ons 2de week in SA was ons in Kaapstad vir 'n bietjie familietyd en die koms van die 3de Hertzog girl. Hila Jo het haar verskyning op die 12de Oktober gemaak. Ons is daarna Bredasdorp toe om bietjie opskop te hou vir my ouers se 60ste lewensjaar!
Eers was daar een...
Toe is daar twee...
En hier is nommer drie...Hila Jo.
Makietie...
Alma se eie tafel!
Kos, kos en nog kos...
En nog kos...
Die hele kroos...
Die eregaste...60 going on 30!

Ons tweetjies...

Terug in die Vaderland

Terug in SA het ons darem ook 'n bietjie vakansie gehou. Ons het so weekie weggegaan na Nature's Valley toe en ook 'n draai gaan maak in Elgin. Daar is nie veel fotos oor Natures nie maar is 'n paar van die awesome The Grand Daddy in Elgin.
Awesome uitsig...
Beter uitsig...
Ons kamer, die dirkie sanchez suite...
Ek as Dirkie...
Dirkie se 2 girls...
2 Gaste van Dirkie...

Gaste van St. Pepper!

Saturday, November 12, 2011

Buenos Aires

Aan die einde van ons trippie het ons besluit om die pas af te draai en die laaste 5 dae in Buenos Aires te geniet! Die lekker ding van die Argenteinse hoofstad is dat jy net kan rondloop en die kultuur geniet. My voete was omtrent afgeloop aan die einde van die trippie. Hier is paar van ons hoogtepunte...
Die strate in die ou deel genaamd St Telmo. Hier is 'n lekker atmosfeer van straatmarkte, ou geboue en vullis wat rondle.
Van die oudste huis wat nog staan se 'interior' is goed bewaar.
Strate...
Markte...
Vlooimarkte...
Tango...
Ons het die Malba museum besoek. Vol moderne uitstallings, nogal baie cool gewees.
Een van my hoogtepunte van die hele Suid Amerika trip was die begrafplaas in Buenos. Dit is meestal bekend oor Evita Peron se graf daar is, maar haar graf nie naastenby so indrukwekkend soos die res van die plek nie. Dis letterlik duisende grafte bo die grond met van die mooiste beeldhouwerk wat jy aan kan dink...awesome!!
Baie detail in die grafte...
Duisende...
Hier is....'Die Blom'. Hy gaan elke aand toe en elke oggend oop.
Hier is die enigste losstaande huis in die Buenos se middestad...
Evita se ou kantoor, nou 'n museum van memrobelia.
Die oudste ondergrondste trein in die Suidelike halfrond. Die wa is nog die oorspronklike. Van hout banke tot oopskuif vensters. Kyk die handvatsels en die inskroef bulbs vir die ligte. Baie cool.
Die 'Pienk huis' waar die president se kantoor is.
Die Obelisk in die middel van '9 de Julio', een van die wydste strate in die wereld.
Geniet 'n 'chocolate submarine' in Cafe Tortoni. Die oudste koffiewinkel in Buenos.
Die oud opera huis. Baie mooi van binne.
Ek geniet die toertjie!
Verlang na my Ma. Ons het baie Malbec gedrink en ek moet bieg, nie een was sleg nie!
Baie mense in Suid Amerika het aangegaan oor die kos en veral die vleis in Argentinie. Ek kan waarlik se dat ons geseen is in Suid Afrika, hulle vleis kom nie naby nie! Hierdie was die lekkerste stuk wat ek gehad het.

Die laaste aand bietjie ontspan in die Jacuzzi op die boonste vloer van ons hotel terwyl die son sak...'n goeie afsluiting van 'n onvergeetlike toer.