Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Tuesday, May 17, 2011

Tempel uitstappie

Ons het die naweek bietjie 2 tempels in Dalian besoek saam met ons hotel! Vir eerste keer regtig gevoel asof ons in China is(wel soos ek gedink het China lyk)! Dit was baie mooi en interessant! Die tempel is ongeveer 'n uur se ry van waar ons woon en kon bietjie damme en natuurskoon sien.
Die ingang na die een tempel, daar is duisende geelvisse in die dam om die ingang van die tempel.
Ek en Fran op trappe oppad na tempel.
Baie impressive en groot beeld.

Hier was geen reels, nie soos res van Asie nie, ons kon orals gaan en mens hoef nie bedek te wees of jou skoene enige plek uit te trek nie.
Hierdie is die ander tempel, daar is 3 tempels wat agter mekaar le, met groot "court yards" tussen elk, so hierdie een is die vooraansig.


Mens kan hierdie "charms" koop en wense daarop skryf.
Hier is ons binne een van die court yards. Hulle brand ongelooflike groot wierook hier in China.
Een van vele budha tipe afgode. Die tempel is beslis een van die mooistes waarin ons al was. Dit word mooi instandgehou en lyk goed versorg.

Oppad terug het ons sommer kuslangs gery met die hotel se bussie.

Monday, May 16, 2011

Dalian Dieretuin

Ons het laas Saterdag bietjie na die Dieretuin in Dalian gegaan, dit was baie interessant en nogal "impressive"! Strek oor ongelooflike groot stuk aarde en die diere is nie in tradisionele hokke nie, maar loop in groter kampe rond. Die arme diere loop maar soms deur omdat die mense almal aan hulle probeer vat en soms selfs koeldrank, chips etc vir hulle gooi!
Die dieretuin le om 'n kop, en mens kan 'n kabelkarretjie vat om van een kant van dieretuin na ander te kom. Dit was baie cool en mens het die mooiste uitsig gehad.


Daar was blesbokke, en hier staan op bordjie hulle kom van Suid-Afrika, daar was heelwat diere van ons deel van die wereld.
Die limah's loop rond in die strate en jy kan wortels en groente koop om hulle te voer. Hulle is baie weird en nogal mak.
By alle kampe kan mens kos vir die diere koop (wat hulle actually kan eet, nie chips en plastic bottels wat meeste mense ingooi nie!); by die wolwe kamp kon mens hoenders koop. Hier sit die 2 hoenders wat hulle volgende etetjie sou wees!
Daar is hele area met bere, heelwat verskillende soorte en groottes. Baie oulik. Hulle is nogal "show ponies"! Doen allerhande oulike goed sodat mense vir hulle kos moet gooi.
Die tiere was my gunsteling! Hier is leeus en tiere sommer deurmekaar, hulle lek mekaar en le opgekrul oor mekaar en slaap. Nie gedink dis baie normaal nie. Maar die tiere is stunning, hulle pote is heelwat groter as die leeus sin.
Daar is heelwat oulike en nuwe ape wat ek nog nooit gesien of van gehoor het nie. Daar is tot 'n Francois's Leaf Monkey! Lyk nogal soos Fran, kyk die kuifie!

Die chimpanjee was vrek oulik! Hy perform regtig die heeltyd. Hy vang koeldrank bottels en draai dit oop. Al die Chinese love hom obviously, ons so half jammer gevoel vir hom.
Teen 30RNB kon ek aan 'n baba tiertjie vat! So cool! Jammer hulle het geslaap, maar ten minste kon ek hulle bietjie vryf.
In die groot koepel is 'n reenwoud en woenstyn plantegroei streek geskep.
Daar is 'n olifant show, maar ons nie gaan kyk nie. Die olifante doen allerhande toertjies om show buite te bemark.
Die kabbelkarretjies in die verte.
Red Panda's, hulle is vrek cute! Le en slaap in die bome met hulle pote en sterte wat so lekker langs stamme afle!

Daar is mooiste voels, wat ek nog nooit in my lewe gesien het nie, maar te veel om op blog te laai.

Monday, May 9, 2011

Strate van Dalian

Ek en Gina het laas week bietjie in die strate van Dalian gaan wandel op soek na groen plante na die reen. Die weer laat ons ook toe om die stad te voet aan te durf. Die hele stad is maar vaal van al die besoedeling en bouwerk. Alles het 'n lagie stof op, selfs die mense! Daar is ook maar min blou lug te sien. In die omtrek van drie blokke om ons kan jy van die rykste en armste mense sien in die stad. Hier is 'n paar fotos om te wys hoe ons geweste lyk.
Meeste van die klein winkeltjies lyk soos hierdie twee. Aan die Linkerkant staan 'familie slagtery'...ok, ek het nie 'n idee wat daar staan nie.
Hier is die tipiese straat gevoel.

Oral op die strate le rommel en goed rond. Hierdie is een van die skoon, netjiese straathoeke.

Ek dink hierdie is 'n stopteken, maar dit dien natuurlik geen doel in China nie. Geen mens steur hom aan 'n pad teken/reel nie.

Oral oor die stad loop daar nog hierdie Trem treine. Hulle kos dubbel soveel soos om op die bus te ry...2RMB

Daar is baie min bedelaars wat ons nog gesien het. In plaas van bedel is almal aan die handel dryf, al moet hy sy stellasie van opgetelde hout bou en 'n paar koerante en koeldrank verkoop.

Baie van die parke begin bietjie kleur wys en dit help om bietjie die vaal uit die stad te kry.

Lekker speel die afgetrede mense kaart.

Hierdie is die straat waarin ons hotel is. Nogal 'n grand straat met duur hotelle en al die ontwerpers winkels.

Dan net agter een van die gesogte hotelle is daar die straatmark waar alles verkoop word van vars vrugte tot stink vis en sakke vol neute.

Sunday, May 1, 2011

Naweek uitstappie- lank terug

Ek het nou eers onthou om te blog oor wat ek gedoen het die eerste naweek wat ek terug was in China. Ek en Xue Song het gegaan na die heel suide van Dalian. Hierdie gedeelte was vir lank beset deur die Japanese en die Russiese weermag, en ons het die uitkyk punt 'monument' gaan besoek op die kop van die heuwel. Ek kan nou nog nie lekker uitmaak wat die hele doel of die geskiedenis is van die monument nie, maar nou ja, ek was daar.

Hier is die monument wat opgerig is op die koppie. Laat my dink aan die vuurtoring wat by Agulhas staan. Ons was gelukkig genoeg om te kan opgaan in die toring, en dit was ook min of meer soos die trappe by Agulhas!

Hier is die uitsig so halfpad op teen die trappe. Dit was 'n mooi dag in Dalian se standaarde, maar jy kan omtrent nie verder as so 5-10km sien nie a.g.v. die besoedeling.

Ek het nie die trappe getel nie, maar daar was seker so 1-200000 van hulle!

As jy bo kom is die uitsig nogal mooi...sou natuurlik mooier gewees het sonder die besoedeling. Nee, dit is nie mis nie. Daardie ingang is die enigste ingang tot die hele baai en natuurlik hoekom dit so maklik was om hierdie stukkie land te verdedig.

Hier is die enigste stukkie blou lug wat ek kon kry, reg bo die toring.

Aan die ander kant van die toring is daar 'n museum van al die ou wapens en vliegtuie en bote wat gebruik was in daardie tyd van die oorlog. Dit is nie soos ons 'n museum ken nie. Jy kan op alles klouter en aan alles vat en in alles sit...solank jy 1RMB betaal(R1) om dit te doen! Soos julle kan sien is daar 'n man oppad om sy foto te laat neem in die vliegtuig. Hulle verskaf ook vir jou 'n ou vlieghelmet om op jou kop te sit.

Hier sit ek in een van die uitstallings. Dit het verkeerd gevoel om so in alles te klim, ma nou ja...'when in Rome'.

Daar is 'n ou duikboot onder die sement vasgevang en jy kan deur die teleskope kyk na die buitewereld.

Die teleskoop is gemik terug na die uitkykpunt.

Oppad huis het ons vinnig gestop by die Dalian Mediese Universiteit. Dit is so 10 keer groter as Tygerberg kampus! Hulle het hulle eie stadion, onderdak swembad(olimpiese standaard), privaat strand en menigde astro-turf hokkie en sokker velde. Hulle studente sentrum lyk soos Sanlam sentrum en die behuising alleen is so groot soos die Cape flats!


Hier is die grote mangos wat ek gevoer word by die werk. Die oudjies is nogal lekker en soet. Ons het intussen al groter mangos teegekom, en die prys het aansienlik gesak van die begin van die jaar af. Dit is nou so R15 'n mango.