Aan die einde van ons trippie het ons besluit om die pas af te draai en die laaste 5 dae in Buenos Aires te geniet! Die lekker ding van die Argenteinse hoofstad is dat jy net kan rondloop en die kultuur geniet. My voete was omtrent afgeloop aan die einde van die trippie. Hier is paar van ons hoogtepunte...

Die strate in die ou deel genaamd St Telmo. Hier is 'n lekker atmosfeer van straatmarkte, ou geboue en vullis wat rondle.


Een van my hoogtepunte van die hele Suid Amerika trip was die begrafplaas in Buenos. Dit is meestal bekend oor Evita Peron se graf daar is, maar haar graf nie naastenby so indrukwekkend soos die res van die plek nie. Dis letterlik duisende grafte bo die grond met van die mooiste beeldhouwerk wat jy aan kan dink...awesome!!


Die oudste ondergrondste trein in die Suidelike halfrond. Die wa is nog die oorspronklike. Van hout banke tot oopskuif vensters. Kyk die handvatsels en die inskroef bulbs vir die ligte. Baie cool.

Baie mense in Suid Amerika het aangegaan oor die kos en veral die vleis in Argentinie. Ek kan waarlik se dat ons geseen is in Suid Afrika, hulle vleis kom nie naby nie! Hierdie was die lekkerste stuk wat ek gehad het.

Die laaste aand bietjie ontspan in die Jacuzzi op die boonste vloer van ons hotel terwyl die son sak...'n goeie afsluiting van 'n onvergeetlike toer.
No comments:
Post a Comment