Hier is die hoofchef met sy 2 handlangers.
Nina, die hotel organiseerder vir alle funksies en aktiwiteite, sy baie oulik en probeer vreeslik hard. Ons sou die Sondag gaan Aarbeie pluk het, maar gaan nou volgende Saterdag. Hier staan sy met die bruchettas, dit was ongelooflik lekker, ons kon elkeen 3 kry! Een tradisionele tamatie en basil, 1 met eiervrug en salami en een met smoked salmon etc. Hy bak ook al sy eie brood en dit word ook hier in die hotel verkoop, teen 28RNB (dit is selfde as Rand)'n brood sal ek dit maar so nou en dan koop.
Dit was die seekos kerrie! Ek kon nie ophou eet nie! Gaan dit een van die self probeer maak, moet nog net eers na al die markies toe gaan om al die bestandele te kry.
Ek kon nie lekker foto van die groepie neem nie, maar hier kan julle darem so half 'n idee kry.
Die weer is soveel beter, ek en Fran kan in die aande bietjie verder uit venture! Ons die lekkerste Duitse restaurant gisteraand ontdek! Ek het omtrent my vingers afgelek, die lekkerste salmon met wasabi sous geeet en yummy mash!
Oppad terug hotel toe, die bome gaan blykbaar amper begin blom! Kan nie wag nie.
No comments:
Post a Comment