Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Saturday, August 20, 2011

Strandloper

Ek het vandag met sononder bietjie die beach gaan uitcheck in Dalian. Dis omtrent vir jou 'n interessante spul mense. Die normale gewoonte is om op die beach uit te trek, te swem met 'n lewensboei, dan weer aan te trek tussen almal. Intussen rook, drink en eet jy wat jy wil en los alle gemors en sigaret stompies net daar tussen die sand. Daar is meer mense op 'n normale strand tussen 6-7pm as oor kersfees in Durban...ok, miskien nie so baie, maar naby!
Net so idee van die hoeveelheid mense wat daar wemel, en dis 6pm.
Hierdie vrou het die meeste klere aan van almal. Die vroue het die snaakste swembroeke van alle kleure en geure. Die mans se swembroek is 'n standaard speedo, en aaklig! Almal lyk dieselfde, baie snaaks, geen boardshorts.
Ek geniet 'n bier op die strand.
Die man verhuur die lewensboeie uit aan almal wat nie kan swem nie...omtrent almal.
Hier is 'n strandloper...verkoop mielies en scallops, mmmmmmm.
Leaning tower op tubes...
Die enigste mans vir wie die aaklige speedos optioneel is, is die kleingoed, so hulle bly maar daarsonder!
Hier is 'n voorbeeld van die aantrek kamer waarin almal uittrek. Dit kom in alle grotes and kleure...

Thursday, August 4, 2011

China update

Ons het baie lanklaas geblog, so ek het gedink om vir julle 'n vinnige update te gee van wat als in Dalian aangaan.
Fran het mos verjaar en hierdie is een van die geskenke wat hy van een van sy verpleegsters gekry het, ek het lanklaas so gelag! Dis die lelikste perdjies ooit!
Soos julle weet dink Fran ek lewe die high life, Maandae en Vrydae speel ek Mahjong saam met die vrouens van die Shangri-La en dan gaan eet ons elke keer vir lunch iewers lekkers. Hier het ons na 'n Expat tydskrif wat in Dalian uitgegee word se vroue lunch gegaan, heerlik! Wynproe en middagete.
Die kos was heerlik! 3 gang maaltyd met lekker stukkie steak!
Ek en Sandy, een van die girls in die Shangri-La.

Daar is elke jaar 'n groot bierfees in Dalian vir 2 weke, dis dieselfde tipe idee as Oktoberfest in Duitsland, maar ek dink bietjie meer barbaars. Die Chinese hou nie van drink nie, hulle hou van down!
Daar is duisende mense, mens kan omtrent nie geloop kry nie.
Ons het besluit om die Oktoberfest tent te besoek, mens betaal ingangsgeld by elke tent en kry dan vernuut bier binne, hierdie is dieselfde tent wat laas jaar by die original Oktoberfest gebruik is. Dit is massief groot en die Chinese het geparty.
Sep en sy broer het vir 2 weke in Dalian gekuier, so ons het darem bietjie Suid-Afrikaanse vriende gehad wat heerlik was. Hier is ons 4 binne in die biertent.
Ons 4 het ook bietjie op 'n kus staptog gegaan en bietjie die wereld gaan verken. Mens kan hierdie fietse huur om teen die see langs te ry, baie vreemd.
Die 3 manne langs Dalian se kuslyn.
Fran het besluit hy gaan sy fiets uitprobeer. Hier is hy voor die tiger statue by Tiger Beach.
Nog 'n voorbeeld van wat ek Maandae en Vrydae vir lunch doen. Dit was Sandy se verjaarsdag en ons het by die Shang Palace gaan eet, baie grand restaurant in ons hotel. Hierbo is die Chef besig om vir ons eend in dun skyfies te sny.
Die "tannies" saam met wie ek Mahjong speel. Therese se seun het hier gekuier van Amerika.

Ek het ook besluit om vir die manne bietjie Mahjong te leer, so ons het 'n paar aande omgespeel.