Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Thursday, March 31, 2011

Suid Afrika en vleis...




Ons het bietjie gaan uithang in Suid Afrika vir 5 weke en alhoewel daar vele hoogtepunte was het ek besluit om 'n paar uit te sonder! Ek kon ook nie net fotos opgesit het van al die vleis wat ons geeet het nie, maar dit was beslis die hoogte punt!

Vinnige verloop van sake: Ons was die eerste week in Leopard Creek saam met die Hertzog gesinnetjie. Die enigste hoogtepunt van die gholf was die drinks by die 19de putjie. Die weer was heerlik en ons het die ongelooflikste toneel gesien van olifante wat swem deur die rivier(net mooi die dag toe geen een 'n kamera by hulle het nie!).

Daarna is ons na Knysna en het heen en weer tussen die Kaap en Knysna gery om die hele familie te sien en ook tussen in troue te reel. Dit was 'n besige tyd en ons het ook nog 'bachelors' en 'bachlorette' gehou! Kan ongelukkig geen fotos van dit opsit nie(nie geskik vir ons jonger aanhangers nie...jammer).


Ons was by 3 troues gewees(Marie en Ed, Simon en Altea) voor ons die SA kuier afgesluit het op 'n hoogtepunt met Andries en Jayne se troue op Plettenberg Baai. What a party!!


Hier voer ek 'n sandhou uit op die 9de van Leopard Creek. Seker my 5de hou(Par 4).


Die ou grote het langs die pad gestaan oppad na die swembad toe.



Hier is ons gas-gesinnetjie...Dankie julle!!!(shame, nog net 4)


Hier is Gina op die rand van die swembad wat uitkyk op die Kruger Wildtuin. Die Olifante het hier deur geswem.


'n Klompie mans het die dag voor die troue 'n bietjie gaan stoom afblaas op die viswater by Plett. Die vis het GELOOP ou maat! Ons het seker naby aan 30+ gevang, en dit sonder om te hengel!


Hier is ek en skipper Dries in sy werksklere! (sorry Kami)


Op die 26ste het die mannetjie darem die knoop deurgehak en ons het behoorlik fees gevier. Eers op die strand...


En toe by Plett Park. Dit was 'n ongelooflike dag en 'n groter party!


Hier is hoe van die tafelnommers gelyk het.

Van die Dekor op die tafels...


En sommer net 'n paar van die meer...belangriker gaste by die aand.


Hier is my bruid die volgende oggend terwyl sy onspan, die uitsig geniet en die roes afsluk met 'n cappucino!